|
Tasty stew with baby vegetables
Stowe-beesstert (bedien 4)
2 beessterte, in 1cm lengtes gesny en oortollige vet verwyder 1 k meel, gegeur met speserye van jou keuse 45 ml olie 225 g uie, gekap 340 g wortels, geskil en in ringe gesny 200 ml beesvleisaftreksel 150 ml rooiwyn 1 blikkie (350ml) kola-koeldrank ½ t suiker sout en varsgemaalde peper, na smaak sap van halwe suurlemoen 1 t tamatiepasta 1 t gekapte tiemie 2 t pietersielie, gekap
Voorverhit oond by 150 ˚C. Rol die beesstert in die meel om te bedek. Verhit olie in in 'n pan en braai tot bruin. Verwyder uit pan en braai die uie en wortels in dieselfde pan. Voeg die vleisaftreksel, wyn en kola-koeldrank by en dan die suiker, sout en peper, suurlemoensap en tamatiepasta. Bring tot kookpunt, plaas die beessterte in die mengsel en prut 'n paar minute. Skep die vleis en groente in 'n oondbestande houer en sprinkel tiemie en pietersielie oor. Bedek met twee lae foelie en plaas 2 ure in die oond totdat die vleis van die been afval. Bedien met chakalaka-slaai*.
*Chakalaka-slaai
1 ui, gekap 2 knoffelhuisies, gekneus 1-2 brandrissies 120 ml olyfolie 1 groen soetrissie, gekap 1 rooi soetrissie, gekap 1 geel soetrissie, gekap 500 g wit kool, gesny 500 g wortels, gerasper 1 t cayenne-peper 1 t paprika sout en peper, na smaak 1 blikkie (410 g) ertjies
Soteer die uie, knoffel en brandrissie saam tot die uie begin verbruin. Voeg die soetrissies by en braai 2-3 minute. Voeg die kool, wortels, cayenne-peper, paprika,sout en peper by en kook tot die groente sag is. Voeg die ertjies by, verwyder van die hitte en laat 'n paar minute rus voor bediening. Dit kan warm of koud bedien word.
|